... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van God se Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van God se Genade


Download audio file

Kan ek jou vra … wat beteken die woord ‘genade’? Vir party mense is dit ‘n godsdienstige term wat só gereeld en lukraak gebruik word, dat dit amper betekenisloos geword het. En tog is genade die magtigste krag vir verandering in die wêreld.

Gister het ons Kersfees gevier. Ons het gesien dat God met ons wou praat deur Jesus, God die Seun, wat Hy gestuur het om ‘n mens te word, om in ons midde te woon:

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Jesus, is God se Woord. Hy is God wat met ons praat in ‘n taal wat ons kan verstaan, wat sy heerlikheid op ons laat skyn, sy genade en waarheid in ons lewens uitstort.

Johannes 1:16,17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Deur die wet, ‘n klomp reëls, te volg, verander ‘n mens nie. Maar genade – die gee van ’n geskenk, die bewys van goedhartigheid en die vergifnis van jou sonde, wat jy eenvoudig nie verdien nie … dít verander jou.

Nie een van ons – nie jy, of ek nie – verdien Jesus se geskenk aan ons. Ons verdien nie sy offer, wat God se geregtigheid vir ons rebellie eis, nie. Maar God het uit genade die gratis geskenk van die Ewige Lewe, vir jou en my gegee.

Genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy