... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Lewe is Nie Veronderstel om Maklik te Wees nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

Listen to the radio broadcast of

Die Lewe is Nie Veronderstel om Maklik te Wees nie


Download audio file

Versoeking het hierdie neiging om jou te bekruip sonder dat jy dit sien kom. En dan, ewe skielik, is daar ‘n kolskoot! Jy sondig. En dan is jy verbaas oor waar de drommel dit vandaan gekom het!

As dit ooit al met jou gebeur het, en as dit aanhoudend met jou gebeur, laat ek jou dan gerusstel, jy is nie alleen nie! Dit gebeur met ons almal, want versoeking wyk nie. Dit gaan net aan en aan en aan … jou vyand, die duiwel, gee nooit, ooit … ooit moed op nie. Dit het selfs met Jesus gebeur. Ons lees in:

Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

Pas na Jesus se bo-natuurlike doop, waar die Gees soos ‘n duif op Hom neergedaal het en die hemel oopgegaan en God gesê het: “Dit is my geliefde seun in wie Ek ‘n welbehae het,” … is Jesus deur die Heilige Gees die woestyn ingelei. In die Evangelie van Markus lees ons dat Jesus veertig dae en veertig nagte daar gevas het. Hy was, soos ons seker kan dink, op ‘n groot laagte punt en op sy kwesbaarste toe Hy deur die duiwel versoek is.

As dit met Jesus kon gebeur, hoeveel te meer kan dit nie met mense soos ons gebeur nie? Waarom is ons so verras wanneer versoeking sy lelike kop in ons lewens uitsteek?

Daar sal nie ‘n dag verbygaan waarop die versoeking om te sondig, nie oor jou pad sal kom nie. Ja, sonde is altyd baie aktief, dit is altyd verleidelik en aanloklik, dit probeer altyd om ‘n voet in die deur te kry. Moet dus nie toelaat dat dit jou verras nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy