... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Logika van Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Logika van Liefde


Download audio file

Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om ‘n mens te word, om uiteindelik aan ‘n Kruis te sterf, om vir ons sondes te betaal, sodat ons vergewe kan word? Hoekom het Hy ons nie net vergewe en daarmee klaargekry nie? Dit sou tog baie makliker gewees het, nè?

En weet jy wat? Vir die eerste paar jaar nadat ek Jesus as my Verlosser aangeneem het, nadat ek een van die sogenaamde “Christene” geword het, het ek steeds nie ‘n antwoord op daardie vraag gehad nie. Ek kon nie verstaan waarom God ons nie net kon vergewe het nie. Dit was tog nie nodig om Jesus na die kruis te stuur nie! En hoekom verwag Hy dat ons in Hom moet glo om van ons sonde gered te word?

Maar my vriend, weet jy, sonder ‘n antwoord op daardie vraag, maak hierdie hele Kersfees-ding eenvoudig nie sin nie. Ek moes – ons moet – die logika wat agter hierdie grootste van alle liefdestransaksies lê, verstaan – Jesus se kruisiging om vir ons sondes te betaal.

Romeine 5:9: Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)

En wat van God se toorn? Ons weet mos dat sonde nie ongestraf kan bly nie. En dit word tog beklemtoon deur die regstelsel – ‘n stelsel wat deur mans en vroue, wat na die beeld van God gemaak is, ontwerp is.

Dis reg! ‘n Daad van onreg vereis straf. Dis maar hoe dit werk. En al ons dade van rebellie teen God verdien tog waarlik sy woede, sy toorn en sy geregtigheid.

Maar uit sy groot liefde het Hy ons skuld op sy Seun geplaas, wat betaal het deur sy bloedoffer aan die kruis. Sodat ons … deur Christus, van God se toorn gered sal word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy