... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Verlede is Verstreke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Listen to the radio broadcast of

Die Verlede is Verstreke


Download audio file

Stel jou voor dat jy alles wat jy besit saam met jou in twee tasse moet ronddra. Soos jy meer goed koop, word hulle swaarder, en hulle word oorvol. Dan koop jy ‘n rugsak, en dan ‘n skouersak. Uiteindelik trek die verskriklike vrag jou rug so krom, dat jy skaars kan asemhaal, wat nog te sê van vorentoe beur.

As jy die afgelope paar dae by my kon aansluit, sal jy weet dat ons nogal baie gepraat het van oor hoe belangrik dit is om die verlede agter te laat. Miskien dink jy … Hoekom karring hy so baie hieroor?

Wel, die rede waarom ek so aangaan hieroor, is omdat die proses om die verlede agter te laat, miskien een van die moeilikste dinge is wat ons ooit sal moet doen. So hier, op hierdie laaste dag van die jaar, gaan ons ‘n laaste keer aan die ou koeie en die sloot dink. Hier is goeie nuus! Het jy geweet dis nie jou werk nie? Jy hoef nie daaraan te werk om die seerkry te vergeet en jou wonde te genees nie!

Want dit is iets waarvoor Jesus gekom, gesterf en opgestaan het om dit vír jou te doen. Is jy gereed?

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

As dit voel asof die laste van jou verlede jou keel toedruk en dat jy nie asem kan kry nie; as jy voel asof jy nie eers die krag het om te dink oor hoe jy die nuwe jaar moet aanpak nie, weet verseker dat die oomblik wat jy jou vertroue in Jesus plaas, jy ‘n nuwe mens word. Die verlede is verby. Alles het nuut geword. Jesus verander alles.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy