Dis Hoe Verandering Plaasvind
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Jesaja 55:8-11 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
My vriend, wat word van die wêreld? Ons sien heeldag en aldag hoe oorloë die nuus oorheers en hoe beeldskone sterre op rooi tapyte pronk-trippel. Wat gaan aan? Hier waar ons eie lewens ook die een struikelblok na die ander oor ons paadjie gooi, word dit nogal moeilik om te glo dat daar ‘n liefdevolle God is. Iemand wat soos die een of ander sirkusbaas in beheer van hierdie sirkus is. Party mense sukkel nogal om aan God se goedheid te glo.
Ek kan dit verstaan, want dit was beslis vir my baie jare ook onmoontlik om aan sy goedheid te glo. Die twee konsepte: ’n chaotiese wêreld aan die een kant en ’n liefdevolle, almagtige God aan die ander kant; lyk teenstrydig en heeltemal belaglik.
Nouja kom ons gee God ‘n kans om meer oor Homself te vertel:
Jesaja 55:8-11 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.
Ons hou miskien nie van storms met reën en sneeu nie, maar sonder hulle, is daar nie kos om te eet nie. En terwyl God se weë dikwels nie vir ons sin maak nie, gebeur dinge wanneer Hy praat. As Hy praat, dan gebeur dinge!
So asseblief, doen jouself ‘n guns, laat Hom toe om sy liefde en sy krag in jou lewe uit te stort, selfs op daardie dae wanneer dit net nie sin maak nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.