Gehoorsaam Sonder Teëpraat
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Titus 3:1,2 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.
Om met ons politieke leiers te spot, het vir baie mense in die samelewing deesdae ‘n soort van nasionale tydverdryf geword. Om nie eens te praat van hoe ons almal gereeld oor hulle kerm en kla, hulle aanval, ondermyn en verkleineer nie. Party mense sal sê … ons het goeie rede daarvoor.
Is dit regverdig en redelik vir ons om ons leiers so te kritiseer? Vir diegene wat in demokrasieë woon, is dit redelik maklik om dit openlik te doen. Vir ander, wat onder streng politieke stelsels leef, kan opstande in die geheim plaasvind, maar of jy nou in jou hart brom of openlik murmureer, dit het dieselfde effek op jou gemoed. Dit vreet jou soos ‘n kanker op.
In die 1ste eeu nC het Christene baie swaar gekry. En in daardie konteks, kom hierdie Woord van God na hulle:
Titus 3:1,2 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.
Daar is nie ‘n enkele regering in die wêreld wat altyd goeie en goddelike wetgewing maak, waardeur mense altyd eerbaar en regverdig behandel word nie. As ons kyk na God se ongelooflike liefde en absolute volmaaktheid, was alle regerings van die begin af, onvolmaak. Gegewe daardie werklikheid, laat ons net hierdie gedeelte weer lees en dit laat insink:
Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.