God is Goed
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Psalm 86:5 U is waarlik goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek. (NLV)
Het jy al opgelet hoe maklik dit is om die werklik belangrike dinge in die lewe uit die oog te verloor wanneer jy spook en spartel om dag vir dag te oorleef? Nouja, ek is hier om jou elke nou en dan vriendelik te herinner aan wat regtig belangrik is.
My vrou Jacqui is ‘n besondere mens. Niks is vir haar te veel moeite nie daarby is sy baie talentvol: sy is uiters kreatief; sy brei truie vir die familie; sy bak pragtige verjaardagkoeke vir die kleinkinders, en so kan ek aan en aan gaan om jou van my wonderlike vrou te vertel. En dan is sy boonop nog lief vir my!
Ek is ‘n baie besige man en ek leef ‘n baie gejaagde lewe. Wag, moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek hou van my werk, maar dit verg lang ure en daar is baie komplekse kwessies wat ‘n wêreldwye bediening van my vra. Dit is gevolglik baie maklik om só besig te word, dat ek soms uit die oog verloor hoe lief Jacqui vir my is. En dit is ‘n gevaarlike ding.
Hoeveel makliker is dit dan nie vir ons om God se liefde uit die oog te verloor nie – ‘n liefde so groot dat Jesus sy lewe gegee het sodat ons ‘n ryk, kragtige, dinamiese verhouding met Hom kan hê?
Nouja, net ingeval jy vandag nodig het om herinner te word aan:
Psalm 86:5 U is waarlik goed, Here, U vergewe. U is vol liefde vir almal wat by U hulp soek. (NLV)
My vriend, God is goed, Hy is voortdurend, waarlik goed. Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, Hy sal jou altyd, altyd vergewe – dis hoekom Jesus gesterf het, om vir jou sonde te betaal, sodat jy vergewe kan word. En Hy wil jou seën met sy onwrikbare liefde, van nou af tot in alle ewigheid, elke uur van elke dag.
Al wat jy hoef te doen, is om Hom aan te roep en Hy sal sy goedheid, sy vergifnis, sy oorvloedige, standvastige liefde oor jou uitstort.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.