... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Lieg Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. (DB)

Listen to the radio broadcast of

God Lieg Nie


Download audio file

Daar is een ding in hierdie wêreld waarop ons absoluut kan staatmaak. Dit maak nie saak watter storm woed nie, of hoe kwaai dit mag wees nie; ons kan absoluut seker wees van die vaste grond onder ons voete … totdat dit begin skud.

Is een van die dinge in jou lewe wat jy absoluut as vanselfsprekend aanvaar; die vaste grond onder jou voete? Wat van jou gesin, jou huis, jou loopbaan … die dinge wat jou nooit in die steek sal laat nie?

En tog, al probeer jy om nie daaraan te dink nie, weet jy diep in jou hart dat elkeen van daardie dinge eendag sal verbygaan.

Iets wat ek, soos baie ander gelowiges, as ‘n absolute gegewe beskou, is die getrouheid van God. Nouja, ek is tog ‘n prediker! Maar het jy opgelet hoe wankelrig selfs dít lyk, wanneer jy in ‘n haglike situasie is; wanneer vrees jou geloof ondermyn; wanneer daardie dreigende ramp ‘n onvermydelike realiteit word?

Miskien is dit vandag vir jou broodnodig om krag en bemoediging te kry uit die woorde van:

Hebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. (DB)

En dit … dit is hoekom ons 100% kan staatmaak op sy beloftes in die Bybel. Want wanneer God iets sê, is dit waar. Hy kan nie lieg nie. So my vriend, ek moedig jou aan, hardloop na Hom vir veiligheid en hou vas aan die vaste hoop wat joune is. Want …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy