... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Koninkryk is so …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 13:31,32 Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

God se Koninkryk is so …


Download audio file

Hier is iets waarmee baie mense sukkel: hulle wil meer geloof hê. Wil jy ook een of ander geestelike dimensie tot jou lewe toevoeg? Maar, in die konteks van alles waarmee jy besig is, voel daardie dimensie so onbelangrik, so onbenullig, so … deur die geroesemoes verdring.

Het jy al ooit so gevoel? Ek het beslis! Die lewe word so gekompliseerd en verg nogal baie van ‘n mens. Daar is soveel dinge om aan aandag te gee dat dit amper onmoontlik lyk om by daardie geestelike dimensie uit te kom. Jesus het dit geweet, daarom het Hy hierdie storie vertel:

Matteus 13:31,32 Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” (NLV)

Maar weet jy, die mense wat na hierdie gelykenis van Jesus geluister het, het geweet waarvan Hy praat. Hulle het geweet die woord “koninkryk” beteken die volledige heerskappy en gesag van ‘n koning. Toentertyd het die Israeliete hul eie konings gehad, maar in Jesus se tyd was dit die brutale heerskappy van Caesar in Rome. Nouja … wat sê Jesus dan?

Hy verduidelik dat wanneer jy daardie mosterdsaadjie van geloof in jou hart plant (die kleinste saadjie wat hulle geken het) dit vinnig tot die grootste boom sal groei. Jou geloof sal die grootste werklikheid in jou lewe word. Om die waarheid te sê, so groot dat ander mense, net soos die voëls in die mosterdboom, na jou toe sal kom en uit jou geloof sal baat.

Goed, as jy dan sê dat al wat jy, te midde van die geroesemoes van jou lewe, het, net ‘n mosterdsaadjie van geloof is … pasop! Want volgens Jesus is dit meer as genoeg.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.