... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God, Sigbaar vir Almal

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

Listen to the radio broadcast of

God, Sigbaar vir Almal


Download audio file

Vir baie mense is God net ‘n terloopse faktor in hul lewens. Miskien dink hulle so nou en dan aan Hom; stuur hulle so af en toe ‘n skietgebedjie op, maar te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, is dit omtrent al waaruit hul verhouding met God bestaan. Hoe lyk jou verhouding met Hom?

‘n Probleem wat baie mense het om God te leer ken, is die feit dat jy Hom nie kan sien nie. Jy kan nie, soos jy met ‘n vriend, op dieselfde, tasbare, fisiese manier gaan sit vir ‘n geselsie oor ‘n koppie tee of koffie nie.

Niemand het God nog ooit gesien nie, so hoe kan jy jou lewe aan Hom toewy? Hoe kan jy selfs glo wat Hy sê?

Johannes 1:18: Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

Wat sê God hier deur Johannes, een van Jesus se eie dissipels? Wel, hy erken eenvoudig ons probleem. Niemand het God nog ooit gesien nie … behalwe “God die enigste Seun” … behalwe Jesus self.

Dis die rede waarom God vir Jesus gestuur het om ‘n mens te word – dit wat ons ‘n paar dae gelede met Kersfees herdenk het – Jesus, wat God gesien het, wat self God is, wat ná aan die Vader se hart lê om … God vir ons te wys.

Wil jy weet hoe God is; hoe Hy dink, hoe Hy reageer, wat Hom opgewonde maak, wat Hom kwaad maak, hoe magtig Hy is, hoe vriendelik en liefdevol Hy is? Kyk net na Jesus wat…

God se Woord is. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy