... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Groete van Sostenes

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Groete van Sostenes


Download audio file

Ons leef in ‘n wêreld wat behep is met supersterre … met die aantreklike mense, met die suksesvolle mense, met diegene wat toevallig die meeste aandag in die media trek … terwyl die res van ons geïgnoreer word.

Hopelik smag jy nie na erkenning nie en hoef jy nie na ander mense se pype te dans nie. Maar aan die anderkant is dit ook nie lekker om geïgnoreer te word nie. Ander mense is in die kollig, maar dit lyk asof niemand jou raaksien nie – jou vermoëns, jou opofferings, jou bydraes is nie vir ander mense belangrik nie.

Daar is ‘n interessante karakter in die Nuwe Testament van wie die meeste van ons nog nooit gehoor het nie…

1 Korintiërs 1:1 Hierdie brief kom van Paulus. Deur die wil van God is ek geroep om ’n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Sostenes skryf hierdie brief saam met my. (NLV)

Wie de drommel is Sostenes? Wel, volgens Handelinge 18:17 was hy die hoof van die sinagoge in Korinte. ‘n Woedende skare het tydens Paulus se verhoor voor Gallio, vir Sostenes voor die Romeinse regbank gegryp en aangerand. Dit is al wat ons van hom weet. En hier sien ons dat hy (ten spyte van daardie verskriklike ervaring) saam met die apostel Paulus, een van die Bybel se belangrike manne, reis.

Dink jy dat God hom ook nie geken het nie, net omdat ons nie veel van hom weet nie? ‘Sostenes’ is nie juis ‘n algemene naam nie, is dit? Dink jy dat God nie gesien het hoe hy gely het en wat sy bydrae was nie? Dink jy dat hy nie op hierdie oomblik in die Here se Teenwoordigheid is en sy beloning ontvang nie?

Nee, ons is nie almal supersterre in die wêreld se oë nie. Ons was nooit veronderstel om te wees nie. Maar ons sterstatus is nie vir Jesus belangrik nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.