... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Guns en Vrede Vir Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Guns en Vrede Vir Jou


Download audio file

Wanneer jy iemand raakloop wat jy lanklaas gesien het, hoe groet jy hulle? Of wanneer jy vir iemand ‘n brief stuur (deesdae, waarskynlik ‘n e-pos of ‘n teksboodskap), hoe sal jy dit afskop?

Die Nuwe Testament bestaan hoofsaaklik uit ‘n versameling briewe wat deur mense soos Paulus en Petrus aan Christene geskryf is. Party van hulle het swaargekry, ander was besig om die spoor byster te raak. Almal van hulle het verskillende uitdagings in die gesig gestaar.

Verseker ja… hulle het hierdie een ding in gemeen gehad – die uitdagings. Die antieke wêreld waarin hulle geleef het, was ‘n wrede plek. Hulle was beset deur die Romeine onder die oorheersing van ‘n despotiese en verwaande Caesar, wat homself as goddelik beskou het. Hulle het geen van die moderne geriewe gehad wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar nie. Daar was geen mediese en tandheelkundige sorg, narkose, sagte beddens, elektrisiteit, yskaste, warm storte, of lugversorging nie. Wat hulle gehad het was … die verskriklike vervolging van Christene.

Ja, dit was ‘n wrede plek in ‘n gevaarlike tyd. En in daardie onmenslike tyd het Paulus en Petrus se briewe dikwels met hierdie seënbede begin:

1 Korintiërs 1:3 Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. (NLV)

Maar onder die omstandighede waarin hierdie mense geleef het, was hierdie woorde nie net die een of ander geykte aanhef tot ‘n brief nie, dit was ‘n hartlike en baie gepaste seën. En waar kom daardie genade en daardie vrede vir hulle (en vir ons!) vandaan? Van God ons Vader en die Here Jesus Christus.

Dit is die seën wat God vir jou het. Dit is wat Hy vir jou, te midde van jou omstandighede en jou beproewings, wil hê.

Genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.