... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Kan Jy Glo wanneer …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:44 Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?

Listen to the radio broadcast of

Hoe Kan Jy Glo wanneer …


Download audio file

Het jy al ooit gevoel dat jy tussen twee vure sit? Het jy al gevoel dat daar ‘n onoorbrugbare verskil bestaan tussen dít wat jy graag wil hê; met ander woorde die manier waarop jy jou lewe graag wil leef, en die manier waarop jy dag vir dag leef; en erger nog – die plek waarheen jy waarskynlik op pad heen is? Nee, my maat, jy is nie alleen nie.

Daardie tweestryd begin gewoonlik met ‘n so ‘n effense ongemak, maar mettertyd verander dit in ‘n soort dowwe pyn wat jy net nie kan afskud nie. En dan verander dit in ‘n deurdringende pyn waaraan jy regtig iets moet doen. En dis presies hoe dit jare gelede vir my gevoel het.

Die probleem is, dat jy op hierdie wêreldse ‘rollercoaster’of te wel ‘n trapmeul van kompetisie beland het. Jy dink nou dat jy die eerste prys moet behaal in elke uitdaging wat op jou pad kom, en ‘n reuse sukses moet maak van alles wat jy aanpak. En die manier waarop jy jou sukses meet, is deur wat ander mense dink en sê; of hulle jou bewonder of jou kritiseer.

En dit, my maat, bring jou op die afdraande pad met jou briek los; jy word ‘n verwaande aandagsoeker; jy word soos ‘n verslaafde wat die hele tyd na die volgende regmakertjie smag, die volgende klop op die skouer, die volgende, “Jy is fantasties. Jy is ’n wenner.” Maar dit bevredig jou nooit heeltemal nie. Dit gee jou nooit die vrede waarna jy smag nie. So lei jy op die ou end ‘n betekenislose hol bestaan. Klink dit so ‘n bietjie bekend? Jesus het eenkeer gesê:

Johannes 5:44 Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?

My vriend, Jesus het gekom om jou van al hierdie dinge vry te maak. Hy het gekom om jou van hierdie wêreldse aandagsoek-verslawing te genees; om jou met sy heerlikheid te vul.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.