... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om ‘n Leuen uit te ken

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.

Listen to the radio broadcast of

Hoe om ‘n Leuen uit te ken


Download audio file

Het jy al daaraan gedink, dat jy ‘n pad as vol draaie sal kan beskryf, net omdat jy dit met ‘n reguit pad vergelyk? Maar jy weet ook dat om dit te kan doen, moet jy weet hoe ’n reguit pad lyk.

Op dieselfde manier sal jy nooit ‘n leuen kan uitken as jy nie die waarheid ken nie. En ongelukkig word te veel mense deur leuens mislei. Ja, my vriend, soveel pyn is veroorsaak deur die leuen dat rykdom jou gelukkig kan maak. Of wat van die leuen dat ons gevoelens baie belangriker as die waarheid is? Dis een groot leuen wat baie mense op ‘n dwaalspoor lei.

Die lys van hierdie tipe leuens is oneindig. En so baie van hierdie sogenaamde waarhede, is so verleidelik dat ons daaraan vashou, selfs wanneer ons in ons binneste vermoed dat iets dalk nie heeltemal pluis is nie.

Kom ons kyk hoe ons daardie duiwelse leuens, as leuens kan uitken? Hoe kan ons bevry word van die vernietiging wat hulle noodwendig tot gevolg het? Hier is die antwoord …

Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.

Ons bring die diepste begeertes van ons harte na God. Ons vra Hom om ons sy weg te leer en ons op sy pad te lei, sodat ons kan wandel in die enigste Waarheid wat saak maak. Sy Waarheid.

Ons vra Hom om in ons harte te werk, sodat ons daardie toutrekkery tussen goed en kwaad kan oorwin. Ons bid dat die begeertes van ons hart sy Naam sal eer en dat ons bo alles sy wil vir ons lewens sal begeer, net soos dit ook in die Hemel is.

Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.