... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hou aan Bid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 18:6,7 Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!

Listen to the radio broadcast of

Hou aan Bid


Download audio file

Voel jy ooit asof die antwoorde wat jy nodig het, net nie kom nie; dat die deurbraak wat jy so broodnodig het, weerhou word; dat God óf nie luister nie, óf nie omgee nie? Wel indien jy vandag so voel, het Jesus self ‘n belangrike les net vir jou!

Jesus het sy dissipels geleer dat hulle altyd moet bid en nooit moed moet verloor nie. Hy het hierdie storie gebruik om hulle te leer:

Daar was eenkeer ‘n regter wat nie omgegee het wat God, of wat ander mense van hom gedink het nie. Daar kom toe ‘n weduwee herhaaldelik na hom toe en sê: ‘Daar is ‘n man wat my te na kom. Gee my my regte!’ Maar die regter het geweier om haar te help.

Sy het sonder ophou aangehou om hom te pla, totdat hy uiteindelik by homself gedink het: ‘Ek gee nie om wat God of wat mense dink nie. Maar hierdie vrou pla my vreeslik. As ek vir haar gee wat sy wil hê, sal sy my met rus laat. As ek dit nie doen nie, sal sy my pla totdat ek siek is.’

Wat ‘n ongelooflike vreemde manier om sy dissipels van hoop te leer. Dit blyk egter dat Hy die negatiewe beeld gebruik het om vir hulle ‘n betekenisvolle, positiewe les te leer:

Lukas 18:6,7 Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!

Wat Jesus hier vir ons leer, is dat ons, selfs wanneer dit voel asof ons omstandighede ons wil oorweldig, moet aanhou bid.

Hou aan bid, moet nooit hoop verloor nie. God sal vir jou gee wat jy op hierdie stadium in jou lewe nodig het. Hy sal jou help, en gou ook!

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.