... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Iets Om Oor Na Te Dink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:6-8 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. ’n Persoon sal kwalik bereid wees om vir ’n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir ’n besonder goeie mens te sterf. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Iets Om Oor Na Te Dink


Download audio file

Terwyl ons aan Kersfees dink, is daar iets wat vir baie mense ‘n struikelblok is, iets wat hulle keer om werklik die vreugde van Kersfees te beleef.

Vir baie jare het die idee van Kersfees my met afgryse vervul, want dit het my skuldig laat voel. Dit het vir my gevoel asof Kerstyd, op die sondige manier waarop ek my lewe lei, fokus. Ek kon dit destyds nie so uitdruk nie, maar ek weet vandag dat ek onwaardig gevoel het.

Diep binne-in my hart het ek geweet dat die boodskap waar is. Dié boodskap, dat Jesus die Seun van God is; dat Hy as mens gebore is om aan ‘n kruis vasgespyker te word om vir al my sondes te betaal, sodat God my sal vergewe.

Maar met die sondige lewe wat ek gelei het, wou ek nie hê dat daardie kollig op my moet skyn nie. My reaksie op Kersfees was ‘n diep gevoel van onwaardigheid en van skaamte. Ek wonder hoe jy in die lig van wat Jesus vir jou kom doen het, oor jou lewe voel. Terwyl jy daaroor dink, wil ek jou aanmoedig om hierdie woorde met jou te laat praat:

Romeine 5:9  Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf. ’n Persoon sal kwalik bereid wees om vir ’n regverdige mens te sterf. Miskien sal iemand nog kans sien om vir ’n besonder goeie mens te sterf. God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. (NLV)

Dit is beslis iets om oor na te dink, want …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy