... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is jou lewe ‘n Bootvaart?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos 'n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.

Listen to the radio broadcast of

Is jou lewe ‘n Bootvaart?


Download audio file

Bootvaarte het baie populêr geword. Trouens, meer as 30 miljoen mense dwarsdeur die wêreld het verlede jaar bootvaarte onderneem, en dis glo ‘n syfer wat binne drie jaar tot 40 miljoen gaan styg.

En geen wonder dit is so gewild nie. Dis wat ek ‘n luukse, allesinsluitende ontsnapping van die rotresies noem! Dis die een plek waar jy net eenkeer uitpak en inpak en byna elke dag in ‘n ander betowerende hawe aankom. Jy eet en drink en jy’s vrolik! Wie sal nou nie daarvan hou nie?

Ek het onlangs op die eersteklas spyskaart van die aand van die 14e April 1912 aan boord van die RMS Titanic afgekom: Oesters, consommé, filet mignon, miskien gebraaide eend met appelmoes … en dis ongetwyfeld saam met die beste Franse wyne bedien.

Dit was net mooi in die middel van daardie aandete dat sy ‘n ysberg getref het. Net ’n paar uur later het die ‘onsinkbare’ Titanic in twee gebreek en twaalf en ’n half duisend voet na die seebodem gesink.

Die passasiers het die beste lewe denkbaar op ‘n ‘onsinkbare’ skip beleef, maar op daardie aaklige, geskiedkundige nag het die ysberg soos ‘n dief in die nag meer as 1 500 mense van hul lewens beroof.

Openbaring 3:3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ‘n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.

Dit maak nie saak hoe wonderlik die lewe lyk nie, hoe geborge en veilig dit lyk nie, jou einde en my einde, sal in ‘n oogwink kom. Is jy gereed?

Word wakker! Plaas jou vertroue in Jesus wat vir jou gesterf en opgestaan het. Verander jou lewe en jou hart want jy het geen benul wanneer jou einde sal kom nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy