... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is die Woord

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Listen to the radio broadcast of

Jesus is die Woord


Download audio file

‘n Pragtige sonnige dag laat jou sommer lekker voel, nè? Het jy al ooit gewonder hoekom dit so is? Hoekom verkies ons sonskyn bo reën; ‘n warm briesie bo ‘n koue wind?

Een van die belangrike dinge waarna huiskopers sal soek, is natuurlike lig. As jy in die suidelike halfrond is, beteken dit ‘n huis wat noord front; as jy in die noordelike halfrond is, een wat suid front.

Ek en my vrou het onlangs saam met ‘n paar vriende aandete geëet, en hulle het ons vertel van een van hul bejaarde ouers, wat bedags van kamer tot kamer beweeg, net om die sonskyn op te soek.

Hoekom verkies ons die lig? Ek weet nie waarom nie, maar ons verkies dit! En op die bewolkte, donkerder, stormagtige dae van die lewe, wanneer dinge nie gaan soos ons dit wil hê nie, sal so ‘n bietjie lig, absoluut wonderlik wees, nè?

Jesus is die Lig vir die wêreld. Dís hoekom Jesus na hierdie aarde toe gekom het … vir jou.

Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Johannes sê baie duidelik dat Jesus “die Woord” is – dis logos in die oorspronklike Grieks. God praat met ons, deur sy heerlikheid in menslike vorm te verpak; die heerlikheid van God self; ‘n Lig so wonderlik dat woorde dit nie kan beskryf nie.

Jesus het gekom sodat ek en jy sy heerlikheid kan sien, die heerlikheid van die Vader se enigste Seun, vol genade en waarheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy