... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Bydrae tot Vrede

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2:1-5 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie.

Listen to the radio broadcast of

Jou Bydrae tot Vrede


Download audio file

Hoe word oorloë beëindig? Is jy gereed vir die antwoord? Na ‘n uitgerekte konflik met meer ongevalle as wat enige van die partye sou wou hê, kom hulle na ‘n onderhandelingstafel om vrede te sluit. Ja, my vriend, vrede gebeur nie vanself nie.

Daar is vandag soveel onenigheid in die samelewing – geslagspolitiek, links teen regs, ryk teen arm, swart teen wit. En die onenigheid is ook in ons lewens, ons gesinne, in ons huise.

Hoekom is daar soveel konflik? Dis omdat ons nie na goddelike wysheid luister nie, maar ons eie logiese verstand omdat ons dink ons weet van beter. Nouja, hier is ‘n bietjie gesonde raad … van God self, in die brief wat Paulus vir Titus geskryf het.

Titus 2:1-5 Maar jý moet die soort leefstyl bevorder wat die gesonde leer weerspieël. Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet ’n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld. Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer. Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. (NLV)

Oukei, ek gee toe tye het verander, maar almal van ons het ‘n rol om in ons gesinne, ons vriendekringe en in ons gemeenskap te speel om vrede te bring. Toemaar, ek weet dis nie maklik nie. Dit verg moeite, dit verg opoffering, dit verg wysheid. Ja, dis ‘n feit – vrede gebeur nie sommer vanself nie. Speel jou rol.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy