... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Hartsverandering

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.

Listen to the radio broadcast of

Jou Hartsverandering


Download audio file

Het jy al ooit probeer om ‘n slegte gewoonte af te leer? Dis nie so maklik nie. Of dit nou rook is, of om die verkeerde kos te eet, om ‘n nare persoon te wees, of om te skinder – wat dit ook al is – ja, my pêl, ons sukkel vir so ‘n rukkie en dan gooi ons tou op!

Om onsself te verander en om ons lewens op ‘n nuwe koers te kry; dié een wat ons regtig wil hê; dié een wat ons weet reg is; is soveel moeiliker as wat ‘n mens ooit verwag het dit sal wees!

Kyk wat het Johannes die Doper destyds vir sy volk gesê om hulle voor te berei vir die koms van Jesus, hulle Messias:

Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.

 ‘n Ander vertaling sou so klink: Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.

Bekering beteken ‘n verandering van hart. En ‘n hartsverandering, vanuit God se perspektief, is veronderstel om te lei tot ‘n lewe wat nuwe vrugte dra; goeie vrugte – wat gesien kan word in die wyse waarop ons leef. ‘n Lewe wat bewys is van ‘n hartsverandering.

Soos A.W. Tozer dit gestel het: as ons nie deur God se genade verander is nie, dan is ons nie deur God se genade gered nie.

Ek wens ek kon vir jou sê dat ék my lewe verander het, dat ék al my demone oorwin het en dat ék deur my goeie werke ‘n beter mens geword het. Maar dit sal ‘n leuen wees. Die krag om te verander, het eers gekom toe ek my hart vir Jesus oopgemaak het. Die krag het gekom toe ek geglo het dat Jesus aan die Kruis gesterf het en vir die straf, wat my sonde verdien, betaal het.

Maar verandering is noodsaaklik. Laat God jou hart verander! Vra Hom. En wys deur die manier waarop jy leef dat jy verander het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.