Jou verhouding met Christus
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV)
Dit kan soms amper onmoontlik lyk om ‘n ou kop op jong skouers te sit; om die wysheid van ervaring aan ons jongmense oor te dra op ‘n manier wat hulle geredelik kan aanvaar.
Ek onthou vandag nog so baie van die dinge wat my ouers my probeer leer het; dinge wat ek as totaal onbelangrik en lastig beskou het. Hulle moes dit dikwels maar vir my indril! Eenvoudige dinge soos om my hare te kam voordat ek uit my kamer kom vir ontbyt; om nie terug te praat nie; om my kamer op te ruim … ja, ek het steen en been gekla en allerhande verskonings uitgedink om my pligte te probeer omseil.
Maar nou wanneer ek terugkyk, kan ek duidelik sien hoe hulle volharding die moeite werd was. Hulle het op die ou end gewen! Daardie dinge wat so onnodig gelyk het, wat so irrelevant vir ‘n tiener was, het oor en oor in my lewe vrugte afgewerp.
Op dieselfde manier verwerp baie mense vandag die oënskynlik outydse, irrelevante idee van ‘sonde’. Noem net daardie ou klein woordjie daar buite en mense sal hewig eksepsie neem. Hoe durf jy my oordeel? Hoe durf jy probeer om jou verouderde oortuigings op my af te dwing?
Wel, ek probeer niks op enigiemand afdwing nie. Ek wil net die Woord van God met jou deel. Kyk, dis duidelik en ononderhandelbaar:
1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in ’n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie ’n begrip van Hom nie. (NLV)
Wie jy ook al is, waar jy ook al is, neem asseblief sonde ernstig op.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.