... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy is Uitgekies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Jy is Uitgekies


Download audio file

Ek wonder hoe dit vir ‘n sportman of -vrou moet voel om gekies te word om hul land tydens ‘n internasionale kompetisie te verteenwoordig. Die eer, die voorreg… Wonderlik!

Miskien is jy gekies om so ‘n eer te ontvang, of, soos ek … miskien nie. Die meeste van ons is slegs bekend aan ‘n hegte kring van familie, vriende en kollegas. Ons is maar net ‘n naamlose individu en (laat ons eerlik wees) ons word dikwels geïgnoreer deur Jan en Alleman.

Miskien is dit waarom so baie mense na betekenis smag, maar dat min dit ooit vind. Dit is nogal tragies, want wanneer jy met omtrent enigiemand gesels; as jy maar net onder die oppervlak kan kom, ontdek jy ‘n wonderlike individu met ‘n geskiedenis en ‘n agtergrond, wat jou dikwels verstom.

Natuurlik het God nie nodig om met ons te praat om dit te ontdek nie. Hy weet dit reeds. En jy is in sy oë, so belangrik; so waardevol dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf, sodat jy van nou af tot in alle ewigheid by Hom kan wees.

En as dit ‘n boodskap is wat by jou aanklank vind; as jy dit met jou hele hart glo, kyk wat Paulus vandag ook vir jou skryf:

1 Korintiërs 1:2 Ons skryf aan die gemeente van God in Korinte, julle vir wie God deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep het om sy eie mense te wees. En verder skryf ons ook aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat Jesus Christus ons Here aanbid. (NLV)

Het jy dit geweet? Jy is deur Hom gekies om een van sy uitverkorenes te wees; afgesonder vir ‘n spesiale doel; om deel van sy familie te wees; om Hom in hierdie verlore en stukkende wêreld te verteenwoordig. My vriend, God het jou deur Christus Jesus vir Homself afgesonder en geroep om sy eie kind te wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.