... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Liefde is Nooit Oorbodig Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

Listen to the radio broadcast of

Liefde is Nooit Oorbodig Nie


Download audio file

Het jy al ooit ‘n goeie daad vir iemand gedoen en dan verontwaardig gevoel omdat hulle dit nie eers erken het nie, wat nog te sê jou bedank het daarvoor? Dit laat jou nogal wonder, hoekom het ek die moeite gedoen?

Is dit nie snaaks hoe ons reageer op hierdie oënskynlike afwesigheid van dankbaarheid nie? Wat sê dit van ons eie gevoel van ons reg op dank en erkenning? Ja, ons verbeel onsself mos al te maklik dat ons goeie daad op een of ander manier afneem in waarde, of selfs ongeldig gemaak word, deur ‘n gebrek aan erkenning.

Wat het geword van die idee dat ‘n goeie daad op sigself intrinsieke waarde het? Dat liefde die waardevolste kommoditeit van almal is, selfs al aanvaar, verstaan of erken die voorwerp van ons liefde dit nie?

Het jy dalk op die oomblik so iemand in jou lewe; iemand met wie jy in die versoeking kom om moed op te gee? Kom ons kyk hoe Jesus stilgebly het toe sondaars soos ek en jy, Hom uit onkunde beledig het.

Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom ‘n pers mantel om. Hulle vleg ‘n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom ‘n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

C.S. Lewis het dit so gestel: Liefde word nooit vermors nie, want die waarde daarvan berus nie op jou reg om op gelyke wyse behandel te word nie. Ons het lief, want God het ons eerste liefgehad.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.