... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Mislei word Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is;

Listen to the radio broadcast of

Moenie Mislei word Nie


Download audio file

Om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak, is deesdae nie so maklik nie. Die lewe het aan die eenkant óf besig en transaksioneel, óf aan die anderkant, vir baie mense, stil, geïsoleerd en eensaam geword. Maar moenie moed verloor nie, tegnologie het altyd ‘n antwoord gereed.

Maatsoek-toeps bestaan nog net ‘n paar jaar lank, maar hulle het reeds byna ‘n halfmiljard gebruikers wêreldwyd en ‘n inkomste van honderde miljarde Amerikaanse dollars. Hoekom is dit?

Wel, dit word inderdaad al hoe moeiliker vir mense, oues sowel as jonges, om maats te ontmoet en betekenisvolle verhoudings te vorm. Miskien is dit omdat so baie mense deesdae permanent met hul neuse in hul selfone sit.

En so is daar ook dié mense wat, eerder as om saam met vriende uit te gaan of saam met mense in hul kerkgroep te kuier… aanlyn inkopies doen vir geselskap. Die gevaar daarmee is dat jy so maklik ‘n kat in die sak kan koop…

Hier is ‘n opregte woord van waarskuwing: Jy kan op so ‘n aanlyn-verhoudings-toep ‘n sosiopaat ontmoet. Jy kan ook by iemand wie se waardes en norme hemelsbreed van jou verskil, betrokke raak. En so ‘n verhouding is nie slegs in die aanlyn-wêreld onwenslik nie, maar dit kan in die lewe, as sulks, verwoestende gevolge hê.

1 Johannes 3:7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is;

Soos Thomas Brooks, die 17de-eeuse Puriteinse prediker, eenkeer gesê het, laat jou beste vriende dié wees wat Christus, as hul beste vriend het. Met ander woorde, kies jou vriende versigtig. Ja, kies diegene wat jou sal beïnvloed om nader aan Christus te leef, sodat jy uiteindelik sal doen wat reg is.

Liewe vriende, moenie toelaat dat iemand jou op die verkeerde pad lei nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy