... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Gawe wat Dikwels Oor die Hoof Gesien

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 1:8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.

Listen to the radio broadcast of

‘n Gawe wat Dikwels Oor die Hoof Gesien


Download audio file

Hoe meer ek sien hoe mense lewe, hoé meer word ek geraak deur die realiteit dat elkeen van ons in een of ander stryd gewikkel is. Wat van jou?

Gelukkig is daar kort tye wanneer alles klopdisselboom gaan. Maar dit neem nie te lank voor die een of ander teëspoed, die een of ander probleem, die een of ander konflik, ja, die een of ander ding sy lelike kop uitsteek nie, of hoe?

En in daardie af-tye het ons elkeen ‘n helpende hand nodig. Ons het almal iemand nodig om mee te praat. En as ons vir ‘n oomblik aan ander mense dink, besef ons dat ons almal vir iemand anders daardie helpende hand, daardie vriend in nood kan wees.

Regtig? Praat jy met my? Wel, dit kan baie makliker wees as wat jy dalk dink.

Die apostel Paulus het aan sy vriend, Titus, verduidelik wat dit van jou verg om ‘n kerkleier te wees. In daardie lys van wonderlike kwalifikasies verwys hy na iets eenvoudigs wat so maklik misgekyk word:

Titus 1:8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.

Nouja, dit klink alles goed en mooi, ‘n ouderling moet gedissiplineerd, wys, toegewyd, welgevallig vir God en selfbeheersd wees. Dit maak sin. Maar kyk ‘n bietjie na dít wat so maklik is om te mis!

’n Ouderling moet gereed wees om mense te help deur hulle in sy huis te verwelkom.

Die eenvoudige daad van gasvryheid. ‘n Koppie tee of koffie, ‘n ete saam, ‘n geleentheid tot eenvoudige samesyn. Dikwels is dit al wat nodig is. Wees gereed om mense in jou huis te verwelkom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.