... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Onpopulêre Wysheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:7,8 Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie

Listen to the radio broadcast of

‘n Onpopulêre Wysheid


Download audio file

Die wêreld se invloedrykes – die nasionale leiers, die miljardêrs, die bekendes en die sosiale media se ‘influencers’  (wat volgens Netwerk 24 as ‘smaakmakers’ vertaal word) – se raklewe is almal maar beperk. Ja, my vriend, hulle het op die oomblik baie invloed, maar eendag sal hulle geen invloed hê nie.

Het jy al ooit gewonder wie of wat bepaal hoe jy dink? Wat is die dinge wat die lens skep waardeur jy die huidige sosiale kwessies en alles wat in jou persoonlike lewe gebeur, beleef en daarop reageer?

In die laaste vyftig jaar of so het dinge baie verander. Die idioom sê: Ander tye ander sedes! Ja, ons sien oral rondom ons dat daar ‘n ‘meer vloeibare benadering’ tot moraliteit gekom het. Mense is deesdae baie meer verdeeld. En die meeste verdeeldheid in die samelewing word aangeblaas deur ‘n baie invloedryke, luidrugtige minderheid.

Ja, ons weet Jesus se wysheid is vir baie mense moeilik om te aanvaar, maar kom ons kyk weer na wat die apostel Paulus tweeduisend jaar gelede aan die Korintiërs geskryf het:

1 Korintiërs 2:7,8 Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid. Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie.

God se wysheid was destyds só onaanvaarbaar vir die mense, dat hulle Jesus aan ‘n kruis vasgespyker het. Invloedrykes en hul volgelinge het Jesus se wysheid verwerp. As hulle dit verstaan het, sou hulle Hom, per slot van rekening, nooit gekruisig het nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.