... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Skoenlapper-gedaantewisseling

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Listen to the radio broadcast of

‘n Skoenlapper-gedaantewisseling


Download audio file

Ek raai dat jy, soos die meeste van ons, ook dinge in jou lewe het wat jy graag sal wil verander. Jy wil graag ‘n beter mens wees in dié area, of meer koelkop in daardie situasie. Maar kom ons sê net dat jy, soos die meeste van ons, probeer het, en dat jy nie dit kon regkry om daardie verandering, wat jy graag wil hê, te maak nie.

Skoenlappers is interessante wesentjies. Daar is meer as 18 000 spesies wêreldwyd met ‘n asemrowende verskeidenheid van kleure, vorms en groottes. Sommige, soos die Monarch-vlinder, vlieg duisende kilometers van Noord-Amerika na Mexiko en weer terug. Ander spesies leef net ‘n paar weke.

Hulle verskil, maar hulle het almal een ding in gemeen. Hulle lewe begin as ‘n ruspe wat ‘n wonderbaarlike metamorfose in ‘n kokon ondergaan; ‘n proses van een van die natuur se mees dramatiese transformasies. En daardie soort kragtige transformasie is presies wat God vir jou wil gee.

Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Wat God hier sê, is dat wanneer ons probeer om onsself te verander, werk dit nie. Ons lyk op die ou end net soos die res. Maar wanneer ons Hom toelaat om ons van binne te verander (die oorspronklike Griekse woord, word vertaal as ‘metamorfose’), dan sal ons uiteindelik die wonderlike lewe wat Hy vir ons beplan het, leef. My vriend, laat God jou omvorm.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.