... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Splinternuwe Fokus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 12:29-31 Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Splinternuwe Fokus


Download audio file

Wel, hier is ons op die negende dag van die jaar 2025! Is dinge in jou lewe goed en heeltemal terug na normaal? Is dinge terug in volle swang, wat dit ook al vir ons elkeen beteken? Maar, sê my, het jy nou net teruggeklim in dieselfde groef waarin jy verlede jaar was, en hoop jy nou dat dinge anders sal uitwerk; dat dit ‘n beter uitkoms sal gee?

Dit is ‘n bietjie van ‘n neerdrukkende gedagte, is dit nie? Hulle sê, die definisie van kranksinnigheid is om dieselfde ding oor en oor te doen, maar tog ‘n ander resultaat te verwag. Maar ongelukkig is soveel van ons tog so koppig en weerstandig teen verandering. Daar is ‘n mate van troos in die bekende; in die verslete ou paadjie wat ons trap, al is dit ver van ideaal.

Op een of ander manier lyk dit of ons identiteit bepaal word deur die manier waarop ons dinge nog altyd gedoen het en vir baie mense impliseer verandering – selfs ‘n klein ou veranderinkie – dat hulle al die tyd in die verlede, verkeerd moes gewees het…

Komaan, sê my wat is jou fokus vir hierdie nuwe jaar? Hoe gaan jy ‘n diepe tevredenheid met jou omstandighede ontwikkel? Is jy dalk al ‘n rukkie ontevrede met jou situasie?

Miskien is dit tyd om jou fokus te verskerp, om terug te keer na die basiese beginsels en te fokus op dít wat werklik saakmaak. So, wat maak regtig saak? Wat is die belangrikste ding in jou lewe?

Markus 12:29-31 Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die énigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.” (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy