... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Stukkie Goeie Nuus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ‘n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Stukkie Goeie Nuus


Download audio file

Goeie nuus is deesdae baie skaars. ‘n Messteek hier, ‘n skietery daar; rentekoerse wat styg, die aandelebeurs wat daal … jy ken die storie. Miskien is dit hoekom so baie mense verskriklik opgewonde raak wanneer die Springbokke oorwinnings behaal. Die meeste van die tyd is dít omtrent die enigste goeie nuus wat ons gaan kry.

Om te wen, moet die sportspanne en individue natuurlik hard oefen om te kan meeding en hopelik hul opponente te klop. En ons geniet die spanning. Ons beleef die op- en afdraandes saam met dié span wat ons ondersteun en ons noem dit … vermaak.

Daardie kompeterende ingesteldheid is iets wat deel van ons geword het. Ons wil wen; ons wil sukses behaal met alles wat ons aanpak. En vir mense soos ek, wat van nature gedrewe is, was dit vir baie jare lank ‘n strik waarin ek keer op keer getrap het. Vir my was die hele lewe ‘n kompetisie. Ek het geglo dat God my sou aanvaar as ek wen, en dit was vir my ondenkbaar dat Hy my sou aanvaar net soos ek is.

Diep binne-in het ek geweet dat ek in die verlede soveel foute gemaak het. Hopelik maak ek deesdae minder… maar ek skiet nog steeds op ‘n gereelde basis tekort, nie waar nie? Maar hier is die goeie nuus:

2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om ‘n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV)

Jou verhouding met God hang nie af daarvan of jy wen of verloor nie. Dit gaan nie daaroor om die opposisie te klop nie. Dit gaan nie daaroor om volgens sy onbereikbare standaard te presteer nie. Dit gaan alles oor sy genade, want my vriend, Jesus het die prys vir al jou, en al my, tekortkominge betaal …

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy