... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nie Een van Ons Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:38-41 Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” “Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat 'n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vír ons. “Elkeen wat vir julle 'n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”

Listen to the radio broadcast of

Nie Een van Ons Nie


Download audio file

Ek verstom my dikwels oor hoe groepsvas en kliekerig ons geword het, sonder dat ons daarvan bewus is. Dit gebeur in sport. Oukei, dis seker aanvaarbaar. Dit gebeur in die politiek, ook iets wat ek dink jy sou verwag. Maar dit gebeur ook op baie meer subtiele, meer verraderlike, verdelende maniere; op maniere wat ons geneig is om te ignoreer.

Of jy nou daarvan hou of nie, die samelewing klassifiseer mense volgens sosio-ekonomiese status. Met ander woorde, ryk mense kuier saam met ander ryk mense; middelklas met middelklas; arm saam met die armes. Daar is natuurlik uitsonderings, maar kyk om jou rond… dit is hoe dit die meeste van die tyd uitwerk.

Boonop is mense ook geneig om nie met mense wat anders lyk, anders klink, anders dink, of wat anders as ons glo, te meng nie. Ek is seker as ons daaroor nadink, sal ons almal voorbeelde daarvan in ons eie lewens kan vind.

Jy sien dit selfs onder Christene – ek behoort aan hierdie groep, hulle behoort aan ‘n ander groep. Ja, en hulle glo dinge effens anders as ons … daarom bly ons weg van hulle af.

Markus 9:38-41 Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” “Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat ‘n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vír ons. “Elkeen wat vir julle ‘n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”

Moenie so vinnig wees om te oordeel nie. Moenie so vinnig wees om mure om jou te bou nie. Jesus het vir ons almal gesterf.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.