... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onbegryplik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:15-17 Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Listen to the radio broadcast of

Onbegryplik


Download audio file

Hoe sal jy reageer as ‘n belangrike persoon – ‘n koninklike, ‘n bekende popster, ‘n bekende; íémand wat íémand is – na jou huis toe kom vir aandete? Komaan, sê my, hoe sal jy reageer?

Ek het onlangs gehoor hoe ‘n Britse mediapersoonlikheid die storie vertel het van hoe prins Charles (lank voordat hy koning geword het) homself vir ‘n middagtee na die ou se huis genooi het. Dit was regtig komieklik om te luister na hoe hierdie ou die paniek en die groot geskarrel, voor die koninklike besoek, beskryf het. Hy wou sekermaak dat alles perfek is, en dat hy, die oomblik wat hy die voordeur oopmaak, steeds koel, kalm en opgeruimd lyk. Maar dit was ‘n baie groot eer, nè?

Ons het gister vir Levi, die tollenaar, ontmoet. Hy was deur sy landgenote verag, maar tog ken Jesus, ‘n man van groot aansien; ‘n beroemde rabbi, sy naam. Wel, dit wat toe gebeur het, was selfs meer indrukwekkend.

Markus 2:15-17 Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het. Toe die skrifgeleerdes onder die Fariseërs sien dat Hy saam met sondaars en tollenaars eet, het hulle vir sy dissipels gesê: “Waarom eet hy saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het dit gehoor en Hy sê vir hulle: “Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

Ja, my vriend, Jesus het saam met die uitgeworpenes, die prostitute en die dronkaards gekuier. Maar Hy het nie gekom om saam met hulle te sondig of om hulle sonde goed te praat nie. Want teen die tyd dat Hy met hulle klaar was, was hulle nie meer uitgeworpenes, prostitute of dronkaards nie.

Christus se Teenwoordigheid aan ‘n tafel kan ‘n lewe in ‘n oomblik verander. Jou lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy