... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ondersoek jou Motiewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

Listen to the radio broadcast of

Ondersoek jou Motiewe


Download audio file

Dink ‘n bietjie terug aan die laaste keer wat jy iets gesê of gedoen het wat beslis nie die regte ding was nie. Maar, toe jy dit besef, het jy jouself afgevra waarom jy dit gedoen het. Neewat, ons ploeter net voort en maak elke keer dieselfde fout. Jy sou dink dat ons uit ons foute sal leer; of hoe?

Ons het elkeen stofgetrapte gedragspaadjies. Oftewel gedragspatrone, wat ons keer op keer herhaal. Kom ons sê daar is ‘n spesifieke persoon waarvan jy nie hou nie, en wanneer jou foon lui en sy naam op die skerm verskyn, beantwoord jy eenvoudig nie die oproep nie. Hoekom doen jy dit?

Wel, jy kan dalk redeneer dat jy nie vandag iemand anders se drama in jou lewe nodig het nie. Jy hoef nie te luister na hulle gekerm nie, of dalk gaan hulle jou net ontstel en weer ‘n keer kritiseer. Goed, ons kan goeie verskonings hê…

Maar dink mooi, wat is jou motief wanneer jy daardie besluit neem? Gaan dit om jóú, of oor daardie moeilike persoon? Is dit vir jou eie gemoedsrus, of het die ander persoon miskien net vandag ‘n woordjie van bemoediging nodig?

Dit is nie lekker om ons motiewe te bevraagteken nie, maar ons moet dit gereeld ondersoek. Die apostel Paulus skryf in:

Filippense 2:3,5 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

As ons praat van Jesus se gesindheid, moet ons onthou dat Hy aan die kruis gesterf het vir mense soos ons, ten spyte van die feit dat ons ook maar moeilike mense is. Wanneer dit kom by hoe jy ander mense behandel, moet jy altyd bereid wees om jou motiewe te bevraagteken.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.