... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ons het Almal dié Basiese Behoefte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Ons het Almal dié Basiese Behoefte


Download audio file

Ons het almal van tyd tot tyd die goedgesindheid van ander mense nodig. Ons het hulle deernis en hul goedhartigheid nodig om ons deur moeilike omstandighede te help. Ja, ons het beslis ons medemens nodig.

Wanneer laas het jy simpatieke behandeling van iemand in jou lewe nodig gehad? Onthou jy hoe hulpeloos jy in daardie moeilike situasie gevoel het?

En in daardie moeilike situasie kom daar ‘n persoon na jou toe met ‘n vriendelike woord, of ‘n daad wat daardie onmoontlike situasie omgekeer het. Onthou jy hoe dankbaar jy op daardie oomblik gevoel het? Dis beslis nie iets wat jy maklik sal kan vergeet nie.

Wat hy vir jou gedoen het; hoe hy op die regte oomblik opgedaag het, selfs al het jy dit nie verdien nie, dit word … genade genoem. En bo en behalwe die alledaagse dinge wat van tyd tot tyd met ons gebeur, het ons almal soms ‘n behoefte aan ongewone genade.

Ons kan nooit in ons eie krag ons verhouding met God regmaak nie. Want met al die sonde wat ons in ons lewens gedoen het, kan ons nooit, ooit, deur enigiets wat ons sê of doen, ons pad terugwerk om in God se guns te kom nie. Elkeen van ons ontbreek sy heerlikheid, met ander woorde as ons sondig leef; leef ons nie tot God se eer nie. Elkeen van ons verdien om vir ons sonde gestraf te word. En tog …

Romeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is ‘n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie.

Glo in Jesus, en jy word gered deur een ding en één ding alleen. God se genade.

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.