... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorwin die Goddelose

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 37:34-36 34 Vertrou die Here en volg sy voorskrifte. Hy sal jou ophef sodat jy die land sal besit en die goddelose se uitwissing sal sien. Ekself het dit sien gebeur: Hoogmoedige en bose mense floreer soos welige bome. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg! Hoewel ek hulle gesoek het, kon ek hulle nie kry nie! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Oorwin die Goddelose


Download audio file

Hoe voel jy as jy jou bes probeer en mense waardeer nie alles wat jy vir hulle doen nie? Jy voel misbruik, nie waar nie? En dan, as jy eerlik is, begin daar bitterheid in jou ons hart opbou.

‘n Rukkie gelede het ons hier by Christianityworks ‘n radioprogram vervaardig wat wêreldwyd versprei is. Ons moes dit vir een spesifieke stasie aanpas, sodat dit beter in hul uitsaai- formaat sou pas. Dit het bykomende tyd, moeite en onkoste meegebring.

En toe het ons eendag ontdek dat hulle dit vir meer as 18 maande, sonder om ons te vertel, nie uitgesaai het nie. Jy kan jou seker indink hoe dit gevoel het. Dit was ontstellend … nie die feit dat hulle nie meer die program uitsaai nie, maar dat hulle nie die ordentlikheid gehad het om ons in te lig dat ons nie meer die spesiale weergawe hoef te vervaardig nie.

Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Kom ons beskou die saak: Die mense by daardie radiostasie is nie slegte mense nie. Inteendeel, hulle is fantastiese mense. Die eerste deel van daardie gedeelte is dus nie op hulle van toepassing nie – glad nie! Maar hoe maklik is dit, om in die besigheidswêreld, iemand per ongeluk oor die hoof te sien, en sodoende vir hulle die boodskap te stuur dat hulle nie waardeer word nie?

Dit is waarskynlik nie die boodskap wat ek en jy aan ander mense wil stuur nie; en ek weet dat dit ook nie die bedoeling van hierdie spesifieke radiostasie was nie. Maar dis hoe dit gevoel het.

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy