... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Op Rotsvaste Grond

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:27-28 Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”? Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie.

Listen to the radio broadcast of

Op Rotsvaste Grond


Download audio file

Soos ons hierdie nuwe jaar instap … is dit belangrik om die regte voet voor te sit; om op vaste grond te stap, nè? ‘n Grondslag is tog belangrik, nie waar nie

Wil jy eerder op vaste grond, of deur dryfsand loop? Alhoewel ‘n mens nie tweemaal oor die korrekte antwoord hoef te dink nie, kies baie mense ongelukkig onwetend laasgenoemde. Hoe doen hulle dit? Wel, hulle stap die nuwe jaar in met die vertroue dat al hul hoop en drome tot vervulling sal kom; dat die lewe en die mense daarin, hulle goed sal behandel; dat hulle hierdie jaar gesond, ryk en wys sal wees.

En dan gebeur daar ‘n tragedie; kom daar ‘n verlies, of ‘n storm oor hul pad. In April verlede jaar het ‘n man met ‘n mes in ‘n deftige winkelsentrum ongeveer 300 meter van ons kantoor af, amok gemaak. Hy het sewe mense doodgemaak en baie meer beseer. Niemand het dit voorsien nie. Niemand!

Daardie mense het op ‘n sonnige Saterdagmiddag gaan inkopies doen …. toe tref die tragedie! Ja, niemand wens dit vir enigiemand toe nie, maar tragedies gebeur.

Jesaja 40:27-28 Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”? Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie.

Op hierdie stadium was die Israeliete reeds sewentig jaar, byna drie geslagte, onder sulke moeilike omstandighede dat hulle moedeloos gevoel het. Dit maak nie saak hoeveel jou wêreld ontwrig word nie, God is jou vaste grond. Hy was dit nog altyd. Hy sal dit altyd wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy