... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Reis Sonder Bagasie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:1 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,

Listen to the radio broadcast of

Reis Sonder Bagasie


Download audio file

Daar is ‘n rede waarom suksesvolle baanatlete geneig is om nie te swaar van lyf te wees nie. As hulle was, sou hulle nie mededingend kon wees nie en sou hulle waarskynlik nooit suksesvolle atlete geword het nie.

Dit klink logies, nè? Maar wanneer jy daardie lenige atlete sien wat die 100 meter naelloop aflê, of die atlete met bomenslike uithouvermoë wat maratons hardloop, dink jy tog nie daaraan dat hulle nie dieselfde prestasie sou kon behaal, indien hulle baie oorgewig was nie.

Ons het elkeen ‘n wedloop om te hardloop, ja, ek en jy ook. ‘n Wedloop wat eendag by ‘n wenstreep hier op hierdie aarde sal kom. En tog wil baie mense hul wedloop met ‘n hele klomp bagasie hardloop; onnodige gewig wat hulle sal vertraag en selfs sal laat struikel.

Hebreërs 12:1 Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,

Die prentjie wat hier geteken word, is een van ‘n atleet wat voor ‘n groot skare hardloop. Dit is harde werk; dit was nooit veronderstel om so maklik soos botter en brood te wees nie. So hoekom sal jy jouself in die voet skiet deur daardie ekstra gewig van sonde rond te sleep? Dit verstrik jou en maak jou tog net stadiger. Dit maak nie sin nie.

So baie Christene smag daarna om “in die Gees te wandel”; in ‘n ryk, dinamiese verhouding met Christus te leef. Wel, oukei. Stap een is dan om al die sonde wat jou so maklik verstrik, af te stroop.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.