... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Selfbeheersing en Geduld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,

Listen to the radio broadcast of

Selfbeheersing en Geduld


Download audio file

 Jy weet hoe dit voel wanneer jou geduld besig is om op te raak. Iemand, of die een of ander situasie, irriteer jou en werk op jou senuwees … en jy kan net voel hoe die stoom by jou ore wil uitkom. Ons het dit almal al ervaar, nè?

Ek waak tot vandag toe nog teen daardie ongemaklike gevoel van stygende woede wanneer ’n persoon my irriteer, want ek is ‘n eertydse gerehabiliteerde perfeksionis.

Ja, soos ons die afgelope paar dae gesien het, het God aan ons al die krag gegee wat ons nodig het om ‘n godvrugtige droomlewe te lei. Dit hang natuurlik daarvan af of ons dit begeer, want Hy ís bereid om dit vir ons te gee. En dit vereis natuurlik, dat ons met Hom saamwerk.

2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,

Ons het gister oor selfbeheersing gepraat. Dit is nie maklik nie, nè? Maar onthou, selfbeheersing is ‘n vrug van die Heilige Gees, net soos geduld ook ‘n vrug is. Maar as ons mooi daaraan dink, sien ons dat geduld bloot die doelgerigte toepassing van selfbeheersing oor ‘n lang tydperk is. Regtig? Ja, regtig.

Ek vind dit glad nie maklik nie. Wat ek geleer het om in daardie oomblikke te doen, wanneer ek kan voel hoe my temperatuur styg, is … om te bid: Here, gee my asseblief geduld.

En ek kan in alle opregtheid daarvan getuig dat Hy nog altyd my gebed verhoor het. Voeg geduld by jou selfbeheersing.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy