... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Selfbeheersing en Toewyding aan God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,

Listen to the radio broadcast of

Selfbeheersing en Toewyding aan God


Download audio file

Met net één lewe om hier, op hierdie planeet te leef; ‘n lewe wat onherroeplik vinnig verby vlieg, kan jy nie ‘n droomlewe lei as jy gespanne en senuweeagtig is nie. So ‘n lewe is ook onmoontlik wanneer jy vasgevang is in ‘n dolle gejaag agter aktiwiteite aan, óf so innerlik gefokus is, dat selfs, indien jy ‘n stiller lewe lei, jou gedagtes met jou weghardloop, en bekommernis jou siel versondig.

Daarom het ons gister in hierdie klein mini-reeks oor ‘n droomlewe gefokus op selfbeheersing en geduld. Of jy nou deur die lewe jaag teen ‘n miljoen kilometer per uur, of stil sit en bekommer oor die een of ander beuselagtigheid, God se gawe van geduld het hierdie kragtige effek om jou gees in jou binneste te kalmeer.

Dit is een van sy groot gawes aan diegene wat glo:

2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,

En kom ons dink mooi en vra onsself of ons wel aan God getrou is as ons nie sy vrede en sy geduld in ons hart het nie. Want wanneer jy daardie vrede het, wanneer jy weet dat Hy dit reeds aan jou geskenk het, smag jou hart daarna om Jesus te volg waar Hy ook al lei. Dit is wat toewyding aan God beteken. Dis hoe dit lyk.

Wil jy ‘n wonderlike kwaliteit droomlewe lei? Is jy ernstig daaroor? Verryk jou geloof met goedheid; die goedheid met kennis; en die kennis met selfbeheersing. Voeg geduld by jou selfbeheersing; en voeg dan by jou geduld, toewyding en eerbied aan God.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy