... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Suiwer Hoop

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 2:13,14 ...terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

Listen to the radio broadcast of

Suiwer Hoop


Download audio file

So baie mense is swartgallig in hul uitkyk op die lewe. Jy kon dalk ook in die verlede so negatief gevoel het, of dalk voel jy op die oomblik so. . .Toemaar, ek verstaan heeltemal, want weet jy, ek was ook al desperaat en vreeslik depressief. Die vraag is, hoe verander jy dit?

Kyk, jy kan in oorvloed lewe en tog deur ‘n gevoel van hopeloosheid oorval word. Daardie desperate gevoel het my tot op die rand van selfmoord gedryf.

Kom ons kyk: op ‘n skaal van nul tot tien, hoe hoopvol en hoe positief voel jy oor jou toekoms? Terwyl jy daaroor nadink; sê my of jy saamstem met hierdie stelling:

Hoe ons ons lewens daagliks leef, gaan ‘n groot impak hê op hoe ons oor ons toekoms voel. Stem jy saam?

Kies jy om dag vir dag die goeie te doen, of laat jy toe dat die slegte gedrag, waarin ons so maklik kan verval, jou dag oorheers?

Titus 2:13,14  …terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

Dit het alles vir my begin verander, op daardie dag toe ek op die randjie van selfvernietiging was en Jesus na my uitgereik het. Op daardie dag wat ek in geloof vir Jesus Christus as my Verlosser aangeneem het. Maar weet jy, my uitkyk op die lewe het nie onmiddellik van nul na tien verander nie. Dit het progressief gebeur, soos Hy my, dag na dag, gelei het om goeie besluite te neem. Dit is ‘n reis waarop ek steeds is. Wat van jou?

My vriend, vertrou op Jesus. Hy het gesterf om jou uit die mag van sonde te bevry. Laat Hy jou reinig en lei om meer en meer soos Hy te word.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy