Te Midde van ons Probleme
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)
As jy vandag ‘n lys moes maak van al die dinge in jou lewe, wat jy wens nie daar was nie; hoe sal jou lysie lyk? Wat is die goed wat jy sommer onmiddellik van die lys sou wou uitvee?
Ons het almal ten minste ‘n paar items op ons lys, of hoe? Miskien is dit net ‘n paar klein dingetjies, of miskien is daar een of twee baie groot items wat jou lewe heeltemal verwoes.
Hoe groot of hoe onbenullig die dinge op jou lysie ook al mag lyk, daardie dinge is geneig om jou te dreineer en van jou vrede, jou vreugde, jou gevoel van verwondering en afwagting en jou lewenslus te beroof. En hier, waar Kersfees net ‘n paar dae weg is, laat dit jou nogal wonder hoe jy dit moontlik kan vier?
Gister het ons gesien hoe die apostel Paulus saam met sy vriende in Rome bly was oor al die wonderlike dinge wat hulle geloof in Jesus vir hulle gegee het. Vrede. Genade. Seën. Vreugde. Hoop. Glorie. Fantasties! Maar in die volgende asem skryf hy in:
Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)
My vriend, wees verseker dat Jesus mét jou is deur jou moeilikhede, te midde daarvan en in baie opsigte, as gevolg daarvan. Hoe kan jy dit weet? Omdat Hy sy liefde uitgestort het om jou hart te vul deur die Heilige Gees wat Hy aan jou gegee het. Hou vas aan daardie waarheid. Want …
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.