... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Toe het Jesus ‘n ander Storie Vertel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 13:33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”

Listen to the radio broadcast of

Toe het Jesus ‘n ander Storie Vertel


Download audio file

Hoe sterk is jou geloof werklik? Sukkel jy om tot op die vlak van geloof, wat ons almal begeer, te groei? Sukkel jy om jou geloof in Hom eerste in jou lewe te stel… laat ek jou dan verseker, jy is … nie alleen nie.

Dit is nie maklik om die geloofsdimensie, oftewel daardie Jesus-dimensie, met die daaglikse, vinnig bewegende, tegnologiese wêreld waarin ons leef, te versoen nie.

Gister het ons gesien hoe Jesus gewys het dat selfs die kleinste mosterdsaadjie-grootte-bietjie-geloof van ons kant, deur God geëer sal word. Wanneer ons God toelaat om die koning van ons lewe te wees, sal Hy ons geloof laat groei. Maar onthou, dat net God die groei kan gee. Ja, Hy sal dit tot ‘n magtige mosterdboom laat groei. Wat ‘n belofte!

Maar wag, daar is meer, want …Toe vertel Jesus vir hulle ‘n ander storie:

Matteus 13:33 Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”

Ek onthou hoe ek as ‘n jong kind gekyk het hoe my ma vir Paasfees en Kersfees brood gebak het. Ek was altyd verbaas om te sien dat die deeg wat sy in ‘n bak gemeng en eenkant met ‘n afdroogdoek daaroor neergesit het, binne ‘n uur of wat, van ‘n klein bolletjie deeg tot ‘n bak vol gerys het. Verstommend. En dit is presies die prentjie wat Jesus hier skilder.

Wanneer ons, deur die kleinste saadjie van geloof, die kleinste bietjie suurdeeg, die heerskappy van God in ons hart erken … sal Hy iets doen wat ons almal heeltemal sal dronkslaan. Hy sal ons ophef, Hy sal ons vorm en ons op wonderbaarlike maniere laat groei, sodat ons dié mense word wat Hy ons geskape het om te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.