... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Toewyding en Vriendelikheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 1:3,5-7 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

Listen to the radio broadcast of

Toewyding en Vriendelikheid


Download audio file

Vriendelikheid het die vermoë om verandering te bring. Selfs die kleinste bewys van vriendelikheid kan iemand se hele dag handomkeer verander. En soos ‘n klippie wat in ‘n dam gegooi word, rimpel dit verder as enigiets wat ons ons kan voorstel.

Daar is ‘n besige roete wat ek gereeld ry. Dit is moeilik vir motors wat uit die systrate kom, om links in te draai om by die stroom aan te sluit wanneer die verkeer buffer teen buffer staan.

Ek het besluit om altyd een kar, wat op die eerste systraat wil indraai, toe te laat om voor my in te kom. Dan hou ek daardie kar dop. En ek sê vir jou, daardie bestuurder laat altyd – altyd – ten minste nog twee motors voor hom in die verkeersvloei in. En hoe dink jy sal daardie twee reageer? Jy het reg geraai, hulle sal ook ander inlaat. En dit alles uit net een eenvoudige daad van vriendelikheid. Wat ‘n bedrywigheid!

Oukei, ek weet ons voel nie altyd vriendelik nie, maar God het ons reeds die krag gegee om vriendelik te wees.

2 Petrus 1:3,5-7 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

My vriend, luister na my. Jou eenvoudige daad van vriendelikheid en vrygewigheid kan ‘n persoon se dag opbeur, selfs hul lewe … en daardeur kan meer mense se lewens aangeraak word as wat jy ooit kan dink.

Wees vriendelik as jy ‘n betekenisvolle lewe wil lei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy