... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergifnis Klink Mooi, Totdat…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Listen to the radio broadcast of

Vergifnis Klink Mooi, Totdat…


Download audio file

Ek wil jou vandag graag vandag iets van myself vertel. Ek was glad nie ‘n baie aangename mens nie. In my jonger jare was ek so gefokus daarop om te wen en om sukses te behaal, dat ek op ‘n ieder en ‘n elk sou trap om daar uit te kom. Maar toe verander iets. Die vraag is: Wat? Wat was die radikale verandering wat vandag nog in my lewe aan die gang is?

Ek het destyds die Christene baie sleg en wreed behandel, baie slegter as ander mense in my lewe. Christene het my oneindig geïrriteer. Ja, vandag kan ek baie mooi verstaan dat dit hulle goedheid was wat my aanstoot gegee het. Dis omdat hulle gedrag my skuldig laat voel het en mý slegte gedrag onderstreep het.

In die1990’s, het my hele wêreld om my in duie gestort (die besonderhede is nie hier belangrik nie, maar glo my, dit was vernietigend). Maar toe was dit daardie einste “Christene” wat hul harte en hul huise vir my oopgemaak het. Sonder ‘n enkele woord van veroordeling, sonder selfs ‘n skewe blik of ‘n oomblik se aarseling, was hulle dáár vir my.

Efesiërs 4:32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

Dit klink maklik om te vergewe, maar wat gebeur as iemand, soos die verskriklike ou, wat ek destyds was, in jou lewe instap? Die skrywer en teoloog C.S. Lewis het gesê: almal dink dat vergifnis ‘n wonderlike idee is, totdat hulle self iemand moet vergewe.

Die onbeperkte en onvoorwaardelike vergifnis van daardie Christene het my geleer van die liefde en vergifnis van God wat vir my deur die offer van Jesus aan die Kruis, beskikbaar is. Kan ek jou asseblief vra… wees vriendelik en liefdevol teenoor mekaar. Vergewe mekaar net soos God julle deur Christus vergewe het.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.