... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Verslaaf aan Verontwaardiging

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:1,2 Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree.

Listen to the radio broadcast of

Verslaaf aan Verontwaardiging


Download audio file

Kom ons vra ‘n ongemaklike vraag: hoe voel jy oor die mense wat jou land, jou provinsie, jou stad of dorp bestuur? Doen hulle, volgens jou, goeie werk … of is jy, soos baie mense, woedend oor hul gedrag?

Party mense sal vandag oor daardie vraag nadink in situasies waar hulle nie toegelaat word om ‘n mening uit te spreek nie. Maar vir die res van ons, is daar baie mense wat nie terughoudend en huiwerig is om hul stem dik te maak nie. Hulle spreek hulle verontwaardiging duidelik uit oor wat hulle as ‘n dom beleid beskou. Hulle kritiseer die manier waarop hul leiers hulself gedra; hoe hulle praat; hoe hulle lyk; oor hul oënskynlike skynheiligheid, en, waar dit van toepassing is, oor hulle korrupsie.

Ek het nou die dag ‘n artikel, getiteld “Is Ons Verslaaf Aan Geregverdigde Woede?” gelees. Is ons voortdurend besig om onsself te verontskuldig, deur te sê dat ons daarop geregtig is om morele woede en verontwaardiging te voel? Word ons al hoe meer krities en onvergewensgesind? As jy “outrage addiction” in jou soekenjin intik, sal jy sien dat almal daaroor praat – daar is talle studies van sielkundiges en selfs artikels uit modetydskrifte daaroor.

Let net ‘n bietjie op. Die sogenaamde pers stook voortdurend verontwaardiging of geregverdigde woede op, net om ons te beïnvloed. Bloggers blaas samesweringsteorieë aan. En die mees ontstellende ding van dit alles, is dat mense wat hulself “Christene” noem, onder die voorlopers is. Maar. . . 

Titus 3:1,2 Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree.

Jy mag dalk nie daarvan hou nie. Ek verstaan. Maar dis wat daar staan en:

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy