... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Volg My

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:13,14 Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg.

Listen to the radio broadcast of

Volg My


Download audio file

Ek dink nie ek is ál een wat sal erken dat daar tye in my lewe was, wat ek vreeslik minderwaardig gevoel het en bang was om my drome na te jaag nie. Wat sê jy?

Die uitdagings lyk partykeer so groot, en jy voel so klein. En wat dit nog erger maak, is dat jy weet hoe baie jy al in die verlede drooggemaak het. En dan is dit so maklik om weer terug te val in jou arme-ekke-gevoel van minderwaardigheid. Dit maak jou lam – jy kan nie vorentoe nie.

Om dit nog erger te maak; die spyker in jou doodskis – jy glo dat mense op jou neersien en jou verwerp! Dit was presies wat die mense van Levi, die Joodse tollenaar, gedink het. Die Jode van toentertyd het die tollenaars gehaat omdat hulle saam met die vyand, die Romeine, wat hulle land gesteel het, gekonkel het. En daarby het hulle hul sakke gevul met die geld waarmee hulle hulle eie mense belas het.

Maar dan kom Jesus, ‘n man wat soort-van ster-status gehad het, en doen iets totaal vreemds vir hierdie tollenaar.

Markus 2:13,14 Jesus het weer na die see toe gegaan. ‘n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en Hy sê vir hom: “Volg My!” Levi het opgestaan en Hom gevolg.

Destyds moes jy amper soort-van jou CV stuur as jy ’n leerling van ‘n rabbi wou word. Jy moes bewys dat jy verdien het om een van sy volgelinge te wees; jy moes nogal die regte stamboom ook hê! Maar hier tree Jesus, die man na wie die skare in verwondering gestroom het, heeltemal anders op; Hy verhang die bordjies en sê vir Levi – ‘n gehate tollenaar! – “Volg my.”

As jy gedink het jy is nie goedgenoeg om Jesus te volg nie, onthou Hy het juis gekom vir iemand soos jy.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy