... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vrees vir Verwerping

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 12:42,43 Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.

Listen to the radio broadcast of

Vrees vir Verwerping


Download audio file

Om teen die stroom op te probeer swem; om ‘n standpunt in te neem waarmee jou vriende, familie en selfs die samelewing nie saamstem nie, is ‘n baie moeilike ding om te doen. Dit is hoekom die meeste mense dit nie doen nie.

Dit het deesdae al hoe meer mode geword om saam met die wolwe in die bos te huil. Ja, dit is ‘n groot uitdaging om op te staan en om standpunt in te neem teen die verkeerde dinge en nie die dinge te doen wat almal om jou doen nie.

William Tyndale is in 1536 op die brandstapel verbrand bloot omdat hy die Bybel uit Latyn in Engels vertaal het. In 1972 is die Chinese evangelis, Watchman Nee, gemartel omdat hy mense van Jesus vertel het. Ja, en weet jy, daar is meer Christene in die afgelope eeu gemartel as ooit tevore?

Daar is, en was nog altyd, ‘n hoë prys om te betaal om teen die stroom te swem. Maar weet jy, in Jesus se tyd het die godsdienstige leiers ook ‘n probleem ondervind…

Johannes 12:43 Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.

Is dit nie tragies nie? Maar jy weet mos: Dis baie makliker om saam met die stroom te gaan; om meer geïnteresseerd te wees in wat ander mense dink, as om ons harte te volg en om in Jesus te glo. Dis ook makliker om in die geheim te glo, of sommer net heeltemal van God af weg te dryf…

Goed, goed, ek weet daar is baie mense dwarsdeur die wêreld wat geen ander keuse het as om in die geheim te glo nie. Maar ek praat nou van die res van ons: As ons Jesus verlaat as gevolg van wat ander mense dalk mag dink, is dit net omdat menslike eer en ons eie aanhang vir ons belangriker is as God se heerlikheid wat vir alle ewigheid sal duur. . .

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.