... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Alles Verlore Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matthew 16:24-26 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy lewe?

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Alles Verlore Is


Download audio file

Dit lyk vir my of die lewe ‘n toutrekkery tussen goed en kwaad is. ‘n Gespook tussen om te doen wat jy weet reg is, of om te doen wat jou behaag; ‘n stryd tussen die genietinge van hierdie wêreld en die skatte van die hemel.

Die ding wat baie mense keer om Jesus te volg, is die realiteit van wat dit hulle sal kos. Dit is geen verrassing nie, want Jesus het belowe dat dit ‘n groot prys gaan eis. Daar is ‘n baie duidelike verskil tussen wat reg is en wat jou plesier gaan gee. Indien jy albei kante van die muntstuk van nader bekyk, is daar eintlik net een sinvolle pad vorentoe.

Matteus 16:24-26 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe?

Wat hier op die spel is, is die lewe self – die hier en die nou, én die ewigheid. Wat is die punt, vra Jesus, om die hele wêreld te wen net om uiteindelik jou lewe te verloor? Billy Graham het dit eenkeer so opgesom: Wanneer rykdom verlore gaan, gaan niks verlore nie; wanneer gesondheid verlore gaan, gaan iets verlore; maar wanneer karakter verlore is, is alles verlore.

As jy aanhou om net aan jouself te dink, sal jy op die ou end alles verloor. Neem jou kruis op en volg Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.