... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Christus Weer Kom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Christus Weer Kom


Download audio file

Een van die mees frustrerende dinge in die lewe, is dat jy nie weet hoe dit op die ou end gaan uitwerk, wanneer jy jou aanvanklik tot iets verbind nie; iets soos ‘n huwelik, ‘n studiekursus, ‘n loopbaan, of wat ook al. Het jy al so daaraan gedink?

Ek onthou hoe ek amper twintig jaar gelede by die bediening van Christianityworks, wat vir jou hierdie daaglikse VARS-boodskappe bring, betrokke geraak het. Ek moes regtig van my trollie af gewees het, want dit was ‘n mal keuse om op daardie stadium te maak. Die bediening was in sy doodsnikke, ‘n mens kan sê dit was amper tyd om die lewensondersteuningstoestel af te skakel.

Maar iets het my genoop om op te tree en in te klim. Daar was tye wat ons nie geweet het of die bediening sou oorleef nie. Ek het dikwels vir myself en vir God gevra: “Wat het ek gedink? Wat maak ek hier? Het ek U reg gehoor?”

En dit is daardie soort onsekerheid wat mense, wat besluit het om Jesus onvoorwaardelik te volg, teister. Hy belowe soveel seëninge, maar die lewe bly ‘n stryd…

Jy probeer om ‘n edel lewe te lei, maar dan is daar die dinge waarmee die wêreld jou mee probeer verlei en jou omver wil gooi. Ander kere vind jy dat jy doelloos deur die lewe dwaal en wonder of God selfs bestaan. Daardie onsekerheid van hoe dinge gaan uitwerk, dryf jou tot raserny.

My vriend, as ek besig is om jóú situasie te beskryf, luister dan my liewe vriend:

1 Johannes 3:2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk. (NLV)

Dis hoe dit gaan eindig.

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy