... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Jou Broek Bewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Jou Broek Bewe


Download audio file

Vrees is ‘n emosie wat baie meer algemeen, baie meer wydverspreid, baie meer pandemies voorkom, as wat ons dalk dink. Ja, my vriend, dit is nie net jy nie! Vrees kan enige tyd toeslaan, veral in die lig van onverwagte teëspoed.

Tydens ons weermagopleiding, waar ons die sogenaamde kuns van oorlogvoering geleer is, het hulle ons vertel dat die element van verrassing vir jou ‘n groot voordeel bo jou vyand gee.

Dit is waarom jy foptoestelle gebruik en hinderlae stel. Dis waarom jy jou vyand probeer mislei, sodat, wanneer jy wél toeslaan, hy verras word en absoluut geen idee het waar jy vandaan kom of hoe sterk jou mag werklik is nie.

Ons vyand, die duiwel, gebruik hierdie verrassingselement van die vroegste tye af teen God se kinders. Maar weet jy, dis nie altyd die duiwel se set nie. Soms is dit net omstandighede – ‘n gesondheidsprobleem, ‘n finansiële bekommernis…Wat is jou reaksie wanneer jou broek bewe, wanneer jy daardie narigheid op jou maag het?

Kyk wat sê Dawid in terugskouing. Hier is sy reaksie nadat God hom van koning Saul en al sy vyande wat hom wou doodmaak, gered het:

Psalm 18:2 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

Te veel van ons hardloop direk in die skootslyn in wanneer die koeëls begin klap. Met ander woorde, ons fokus op ons probleme, eerder as om na God te kyk vir die oplossing.

Dit is belaglik, nè? Want Hy is jou Rots, jou veilige vesting. En soos Charles Spurgeon tereg uitgewys het: terwyl jy mag bewe, beweeg jou Rots nie! Hardloop na Hom toe.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.