... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Liefde Seëvier

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Liefde Seëvier


Download audio file

Kom ons kyk ‘n bietjie na die temas van rolprente. Jy sal sien dat liefdesverhale onder die gewildste van alle genres is. Baie mense geniet inderdaad aksie films of dramas en selfs gruwelfilms (nou nie heeltemal my ding nie!). Maar ek dink liefdesverhale bly bo aan die lys. Hoekom is dit?

Nouja, het jy al ooit een van daardie rolprente met ‘n liefdestema ontleed? Het jy al na die intrige en die karakters gekyk om te sien hoekom ons so graag daarna kyk? Die resep wat hulle laat werk, is wanneer die liefde, teen die normale verloop, seëvier; wanneer die liefde uitgedaag word deur uitsonderlike uitdagings en beproewings, en nogtans seëvier.

Kom ons erken dit, as die draaiboek bloot uit twee mense sou bestaan wat vir mekaar sê: “Ek is lief vir jou,” al het hulle allerhande kreatiewe maniere om dit te sê, sou dit nogal vervelig wees, nie waar nie?! Of as hulle gelukkig getroud is, in ‘n mooi huisie woon, twee goed aangepaste kinders het, en dag na dag doodgelukkig is, sou enigiemand daardie fliek vir negentig minute wil kyk? Waarskynlik nie.

Nee, ons smag daarna om oor die mees uitdagende omstandighede die liefde te sien seëvier. Ons verlang daarna om te sien hoe liefde volhard en die oorhand kry ten spyte van erge beproewings. Dit is wat ‘n liefdesverhaal laat slaag. Ja, kom ons wees eerlik, dis lekker om daarna te kyk. Hier is die liefde waarna ons smag in:

1 Johannes 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (NLV)

As jy dit op die keper beskou, word liefde skielik ‘n werklikheid wanneer ons uitdagende omstandighede oorwin, en in die naam van liefde, erge beproewinge te bowe kom ….

Dis een ding om te sê dat ons iemand liefhet. Dit is heeltemal ‘n ander ding om daardie liefde te demonstreer deur die opofferings wat ons vir hulle maak. Laat jou liefde opreg wees!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy